SKUILNAME
Al ooit gewonder hoekom baie skrywers van skuilname gebruik maak? Wel, daar is seker verskeie redes daarvoor en die volgende is van die mees waarskynlikste redes.
1. Ongewenste doopgeseëlde naam. Nie almal van ons is bevoorreg of sal ek eerder sê in 'n posisie om ons naam te kies met geboorte nie en moet ons dus maar verlief neem met wat ons mee gedoop word. Dink maar byvoorbeeld self aan eienaardige name waarvan u al van gehoor het. Daar is nie noodwendig fout met sulke name nie, maar mense hou mos van ’n naam wat kragtig, mooi en goed klink op die oor. In Hollywood gebeur dit gereeld dat akteurs en aktrises hulle name verander, sodat dit meer gewig dra by die publiek en filmbedryf, om sodoende beter rolle te kan kry. Skrywers gebruik dus soms ook skuilname bloot vir dieselfde doel, party gebruik selfs meer as een skuilnaam. ’n Boek met die regte skrywersnaam, storienaam en ’n goeie voorblad het ’n baie groot invloed op die verkoop daarvan, meer as wat baie mense dalk besef. Vra jouself byvoorbeeld die volgende vraag af? Sal ek sommer 'n boek koop waarop gewone ordinêre name voorkom?
2. Aanpassing by leserspubliek. Veronderstel ’n vroue skrywer wil byvoorbeeld graag ’n reeks skryf wat handel oor ’n seuns bende op skool. Sou sy ’n vroue naam gebruik, gaan dit dalk nie goed verkoop nie, omrede seuns sal dink, wat weet ’n vrou nou eintlik af van wat seuns dink en doen. Bettie Naude is ’n sprekende voorbeeld wat onder die skuilnaam Topsy Smith, die Trompie boeke geskryf het. Die betrokke boeke was baie gewild vroeër jare en vandag nog ken feitlik almal die gegewe boeke. Skrywers verander dus hulle name soms na ’n mans/vroue skuilnaam toe om "aan te pas" by hulle lesers se verwagtinge van 'n skrywer en verkoop dan meer van hulle boeke op die manier.
3. Swak verkope onder 'n betrokke naam. Gestel ’n skrywer begin onder ’n sekere skuilnaam boeke skryf en dit vind nie byval by die publiek nie, om watter rede ook al. Van die publiek sal die betrokke skrywer se naam onthou en gaan dan ander boeke onder dieselfde naam, wat dalk uiters goeie boeke mag wees, ook meestal vermy. Die oplossing vir skrywers is dan om van ander skuilname gebruik te maak, om die probleem in ’n groot mate so die hoof te bied. Die publiek word dan in ’n sekere sin geflous om nog van die skrywer/s se boeke te koop, onder ander name, sonder dat hulle dit agterkom of dalk te laat agterkom.
4. Nuwe name trek altyd belangstelling. Iemand wat baie lief is vir lees, sy skrywers ken, maar so bietjie sy/haar leesveld wil uitbrei, gaan outomaties ook uitkyk vir ander skrywers se boeke. Gestel ’n bekende skrywer gee ’n splinternuwe boek uit onder ’n heeltemal nuwe skuilnaam, weet niemand of dit noodwendig ’n goeie of swak boek is nie en of die boek by jou smaak gaan pas al dan nie. Smaak verskil en resensesies is ook nie altyd ’n goeie refleksie van elkeen se eie unieke smaak nie. Lesers gaan dalk makliker ’n kans vat met ’n nuwe boek, onder ’n nuwe “skuilnaam”, as hul ou bekende skrywers se boeke, net om te kyk of dit nie dalk by hulle smaak pas nie. Dit is net dit waarop skrywers daarbuite hulle hoop op vestig.
5. Skrywers voorreg. Soos wat braaiers dit geniet om byvoorbeeld ’n tjoppie van die vuur af te eet tydens 'n braai, net so geniet skrywers dit ook om vir hulle ’n skuilnaam op te maak, vir hulle nuwe boek of reeks van boeke. Soms het dit selfs betrekking op hulle eie naam/van, byvoorbeeld die karakter Leon Fouche in die Swart Luiperd reeks deur Meiring Fouche, wat die skuilnaam is van FA Venter. Skrywers het dan iets na na uit te sien. Gaan die publiek hulle nuwe skuilnaam aanvaar en gaan dit dus help om die betrokke boek gewild te maak onder lesers, al dan nie.