SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

DIE SWART LUIPERD REEKS

Onder versamelaars is die Swart Luiperd slapband storieverhaal boekies (Pronk en Sirkel uitgawes), seker van die gewildste versamel items van ons tyd.  Wyle Braam Le Roux en Meiring Fouche het verhale geskep wat die avontuur instink in elke jong leser wakker gemaak het. Dit is dan geen wonder dat hierdie uiters gewilde karakter dan ook sy pad na die fotoverhaal mark gevind het nie.

Die reeks het egter in sterk kompetisie met die “Ruiter in Swart” verskyn.  Omdat die sogenaamde Suid-Afrikaanse “cowboy” verhaal so gewild was in daardie tyd, was die Swart Luiperd weer in die avontuur wêreld van die ou Transvaalse goudvelde geplaas.  Die hoofkarakter was dus nie die bekende Leon Fouche nie, maar Baron Rolf du Plessis.  Hy was in die geheim die gevreesde Swart Luiperd.  Met staal vuiste en vlammende rewolwers het hy reg en geregtigheid in die woeste Laeveld laat geskied.

Net soos die Ruiter in Swart, was hy meeste van die tyd ook in swart geklee, maar hy het ’n baie oortuigende masker van ’n “regte” swart luiperd gedra.  Die vlammende oë en die oopbek met reuse slagtande moes ’n groot indruk op skurke van sy tyd gemaak het.  Die groot stryd was egter vir hom om sy identiteit voortdurend geheim te hou. Sy teenstanders was dan ook skurke van die tydvak.  Braam Le Roux se Swart Luiperd (storieverhale) het matige wetenskapsfiksie in gehad.  Die fotoverhale was weer beperk tot veediewe, plaas rowers, struik rowers,en smokkelaars van alle soorte.  Gaan lees gerus meer oor die Swart Luiperd  by Potpouri vir meer inligting.

Die skrywer van die fotoverhale, asook die naam van die rol spelers is nie aan my bekend nie. Miskien kan van die lesers hand bysit en ons laat weet, (deur Koos Papenfus).

Die Swart Luiperd - Tot hiertoe, JudasDie Swart Luiperd - Soos rotte uit 'n wrak
11. Die Swart Luiperd - Tot hiertoe, Judas 64. Die Swart Luiperd - Soos rotte uit 'n wrak

Die Swart Luiperd - 'n Koeël vir die meisieDie Swart Luiperd - Glimlag van verraad
65. Die Swart Luiperd - 'n Koeël vir die meisie 67. Die Swart Luiperd - Glimlag van verraad

Die Swart Luiperd - Voëlvry Die Swart Luiperd - Haal af jou masker
68. Die Swart Luiperd - Voëlvry 70. Die Swart Luiperd - Haal af jou masker

Die Swart Luiperd - Sy laaste komplot Die Swart Luiperd - Die moordenaar stuur groete
71. Die Swart Luiperd - Sy laaste komplot 74. Die Swart Luiperd - Die moordenaar stuur groete

Die Swart Luiperd - So sal jy boet Die Swart Luiperd - Wet van die koeël
77. Die Swart Luiperd - So sal jy boet 78. Die Swart Luiperd - Wet van die koeël

Die Swart Luiperd - Grynslag van die swendelaarDie Swart Luiperd - Soos Dawid van ouds
79. Die Swart Luiperd - Grynslag van die swendelaar 84. Die Swart Luiperd - Soos Dawid van ouds

Die Swart Luiperd - Graf sonder lykDie Swart Luiperd - Bedrieërsloon
85. Die Swart Luiperd - Graf sonder lyk 87. Die Swart Luiperd - Bedrieërsloon

Die Swart Luiperd - Vermis in die vreemde Die Swart Luiperd - Alles net vir goud
88. Die Swart Luiperd - Vermis in die vreemde 89. Die Swart Luiperd - Alles net vir goud

Die Swart Luiperd - 'n Koeël is sy erfenis Die Swart Luiperd - 'n Graf vir 'n gryper
90. Die Swart Luiperd - 'n Koeël is sy erfenis 91. Die Swart Luiperd - 'n Graf vir 'n gryper

Die Swart Luiperd - Hul laaste rooftog Die Swart Luiperd - Afspraak met die laksman
92. Die Swart Luiperd - Hul laaste rooftog 93. Die Swart Luiperd - Afspraak met die laksman

Die Swart Luiperd - Vrug van sy haat Die Swart Luiperd - Laaste dobbelspel
94. Die Swart Luiperd - Vrug van sy haat 98. Die Swart Luiperd - Laaste dobbelspel

Die Swart Luiperd - Verraaiers in hul midde Die Swart Luiperd - Pad van die gierigaard
108. Die Swart Luiperd - Verraaiers in hul midde 109. Die Swart Luiperd - Pad van die gierigaard

Die Swart Luiperd - Rower agter die masker Die Swart Luiperd - Vir die prys van 'n lewe
110. Die Swart Luiperd - Rower agter die masker 115. Die Swart Luiperd - Vir die prys van 'n lewe

Die Swart Luiperd - Die vervloekte skat Die Swart Luiperd - Man sonder gewete
161. Die Swart Luiperd - Die vervloekte skatDie Swart Luiperd - Die vervloekte skat 162. Die Swart Luiperd - Man sonder gewete

Die Swart Luiperd - Noem hom reus
195. Die Swart Luiperd - Noem hom reus

Copyright © 2019 by Pieter Haasbroek and Koos Papenfus. All rights reserved.
Last updated: 9 November 2019