Diamantveld reeks - Pronk boekeSwerwer Speurder reeks - Pronk boekeSahara Avontuur reeks - Pronk boekeRooi Jan reeks - Pronk boekeSwart Luiperd reeks - Pronk boekeTemmers van die Woestyn reeks - Pronk boekeSA Polisie reeks - Pronk boekeOloff die Seerower - Pionier boeke

SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS
(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

HOME

REEKS STORIEBOEKE VOORBLAAIE

ENKEL STORIEBOEKE VOORBLAAIE

FOTOVERHAAL BOEKE VOORBLAAIE

SKRYWERS

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

WELKOM BY SKATKISBOEKE UIT TOEKA
SE JARE (1950 tot 1980's)


Sahara Avontuur Reeks

Baie welkom by my webwerf. Hierdie webwerf handel hoofsaaklik oor die voorblaaie en ander inligting van ou afrikaanse sagteband storieverhale van die vyftiger en sestiger jare en fotoverhale van die sewentiger jare. Die voorblaaie, naam van boek, skrywer, uitgewer en jaartal van elke boek word aangedui, indien beskikbaar. As jy dus belangstel in 'n terugblik in die geskiedenis van Suid Afrika se sagteband storie en fotoverhale, dan is jy op die regte plek.

 

Free Sahara Ebook

 

 

Free Western Ebook

 

 

computer gaming warrior metal postermetal poster home decor clothing print on demand onlinecomputer gaming warrior metal poster

 

teepublic t-shirt home decor clothing print on demand onlineredbubble t-shirt home decor clothing print on demand online

 

sqribble sqrindle sendibble ebook adeel chowdhryaffiliate marketing online products

 

Sqrindle Ebook Store Facebook Youtube Twitter Blogger

If you love reading fiction action/adventure stories, then this is the best place for you to be.
Now you can get hold of top stories written by famous authors in different genres. To see more, browse down and click on the URL’s below. You will then be taken to an online bookstore (panther-ebooks.com), where you can browse through several books in various series and buy many books in the different genres already available. The genres include war, romance, action, adventure, suspense, thriller, drama, mystery, humor and many more.
The English and Afrikaans ebooks are available to download in PDF format. The format of the ebooks is such that you can even print it out and bind it to make your own professional reading book without having to change or do anything else. All the ebooks are thus a two-in-one ebook and book. But that is not all. If you buy two or more books, you can contact me to get any one of the other ebooks on offer for free. Also, feel free to ask for discount coupons that can range from 10% up to 50%. Make sure to check back regularly, as there will be discounts on the ebooks from time to time.
The stories are suitable for old and young to enjoy, and there are even free stories to read on my Facebook page. You can also search Google and Youtube to see more videos and other information about all the books in my online store.
My Contact e-mail: haasbroek.pieter@gmail.com
Top quality Ebook store (Afrikaans and English): panther-ebooks.com

Books, Ebooks, Audiobooks and Courses from Amazon, Itunes and Udemy: panther-ebooks.net
My Blog: https://sagtebandleesboeke.blogspot.com/2018/10/hi-everybody-i-am-currently-making-e.html
My Facebook page: https://web.facebook.com/pieter.haasbroek.7564
#saharawoestynstories

 

Eboeke verkoop

 

PANTHER ONLINE EBOOK STORE
panther-ebooks.com
Panther eBooks is your one-stop eBook store, where you will find superb reading storybooks and other helpful eBooks for old and young. Feel free to stop by and browse the nearly 400 English and Afrikaans eBooks, with many more on the way. You will not be disappointed. Satisfaction guaranteed.

 

SQRINDLE ONLINE EBOOK STORE
sqrindle.com
The Sqrindle online Ebook store is similar to the Panther eBook store, but it contains eBooks from other sources as well. Use keywords to search for a specific eBook.

 

SAHARA  ADVENTURE  SERIES - 40  BOOKS
panther-ebooks.com/book-details/Nzgz
This series is about Teuns Stegmann and his four loyal friends in the French Foreign Legion and their exciting adventures in the Sahara desert. The first two books in this series are already available in English. More eBooks will follow soon.

 

SAHARA  AVONTUUR  REEKS - 40 BOEKE
panther-ebooks.com/book-details/Nzkw
Hierdie reeks handel oor Teuns Stegmann en sy vier getroue vriende in die Franse Vreemdelegioen en hulle opwindende avonture in die Sahara woestyn. Die hele reeks van 40 boeke is beskibaar in PDF formaat, waarvan die eerste 11 reeds oorgedoen is.

 

SAHARA  WOESTYN  REEKS - 13  BOEKE
panther-ebooks.com/book-details/ODUw
Hierdie uitstekende reeks van boeke speel af in die Sahara woestyn. Die hoofkarakters varieër in die verskillende boeke wat handel oor Fanse Vreemdelegioensoldate.

 

SAHARA  WOESTYN  KORTVERHALE - 1  BOEK

panther-ebooks.com/book-details/ODEx
Die boek bevat vyf kortverhale wat almal in die Sahara woestyn afspeel. Daar is groot skatte, verlore tempels, ‘n aanval op ‘n Franse fort, romanse en vele meer.

 

VREEMDELEGIOEN VERHAAL - 1 BOEK
panther-ebooks.com/book-details/ODY0
In die boek sluit ‘n man aan by die Franse Vreemdelegioen, om so weerwraak te neem op die man wat vir die dood van sy ouers verantwoordelik is.

 

DIE  SWART  LUIPERD  REEKS - 70  BOEKE
panther-ebooks.com/book-details/ODQy
Gewapen met slegs ‘n pyl en boog, jagmes en saam met sy twee mak luiperds, Simpson en Spikkels en Donker sy perd, deurkruis Leon Fouche die digte woude van Afrika op soek na aksie en avontuur.

 

MAAGD  VAN  DIE  SEE  REEKS - 9  BOEKE
panther-ebooks.com/book-details/Nzk3
Nadat Simon Verbeek se beeldskone vrou deur seerowers ontvoer is, moet hy alles in sy vermoë doen om haar weer terug te kry. Hy maak dit dan se lewensroeping om al wat ‘n seerower op aarde is op te spoor en uit te wis.

 

TAMAR  VAN  DIE  WOUD  REEKS - 2  BOEKE
panther-ebooks.com/book-details/Nzk4
Tamar is die spreekwoordelike Tarzan in Afrika. Hy woon saam met oermense in ‘n ou vulkaniese krater in die Kongo. Saam met twee reuse arende wat hy self mak gemaak het, moet hy sy mense beskerm teen mense van die buitewêreld wat hulle te na wil kom.

 

DIE  OERWOUDVALK  REEKS - 7  BOEKE
panther-ebooks.com/book-details/ODAw
Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is gewapen met net ‘n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende.

 

BAANBREKERS  REEKS - 2 BOEKE
panther-ebooks.com/book-details/ODQ3
‘n Lekker aksievolle wilde weste reeks waarin Ryk Schoonraad en sy hond Napoleon hulle hande behoorlik vol het met beesdiewe. En natuurlik is daar altyd ‘n mooi dame wat hy uit die verknorsing moet red.

 

MY FACEBOOK PAGE - click here

 

 

YOUTUBE VIDEOS - click here

 

 

BLOGSPOT - SAHARA AVONTUUR BOEKE - click here

 

 

GOODREADS - SAHARA AVONTUUR EN OERWOUDVALK BOEKE - click here

 

 

 

 

Heks van die Sahara

 

UITTREKSEL UIT DIE EERSTE BOEK:

Nog twee arende maak hul verskyning, duik laag oor die manne heen en een slaan met sy gevaarlike kloue 'n liederlike haal oor Jack Ritchie se nek. Hy skreeu kort en hard van die pyn. Die ander een slaan sy snawel diep in die wang van 'n ouerige Rus wat hard vloek. Hy wikkel sy skouers en probeer so sy bebloede gesig wegdraai van die berg arende se aanslag.
Hulle kom meer en meer, krassend, wiegend op hul groot suisende vlerke en elke keer wanneer hulle aanval, loop die bloed. Die manne gooi hul liggame agteroor en probeer na die gevaartes skop, maar dit vererger net hul woede.
Die manne beur en draai aan die boeie agter hul rûe, maar hulle gee gou op, want elke keer wanneer hulle dit doen, word hul polse net verder gesny deur die skerp kante van hierdie boeie.
"Ons gaan sterf, capitaine," gil die ouerige Rus amper histeries en dan moet hy weer veg teen 'n skreeuende arend wat sy kloue op die stomme ou man se skouers en kop inlê.

 

SOFTCOVERBOOKS WEBWERF

Hoekom juis so 'n webwerf? Suid-Afrika het 'n baie ryk geskiedenis aan afrikaanse sagteband verhale (foto en storie) met 'n verskeidenheid van skrywers oor die afgelope eeu, maar inligting rondom die skrywers en boeke is uiters beperk. Selfs ons argiewe het maar baie beperkte inligting rondom die boeke wat uitgegee is, veral boeke in die mid twintigste eeu. Hierdie webwerf poog dus om in die behoefte te voorsien, om sodoende nie net vir die versamelaar van waarde te wees nie, maar ook vir enige ander persoon wat belang stel om ons africana te kan kom bestudeer en geniet. Feitlik al die boeke het die pragtigste volkleur buiteblaaie. U sal meer as 60 reeks boeke in die storieverhale hier kan sien, meer as 700 enkel sagteband storieverhale en 39 verskillende fotoverhaal boek reekse, met amper 400 voorblaaie in die onderskeie reekse. By die storieverhaal boeke ontbreek sommige van die voorblaaie en is enige persoon welkom om my te kontak, sou u dalk daar 'n bydrae kan maak om die inligting meer volledig te maak.

 




Hou asseblief ook in gedagte dat die inligting wat hierin vervat is, verkry is vanaf 'n verskeidenheid van bronne en kan al die inligting nie as 100% korrek voorgehou word nie. Foute mag dus voorkom. Geniet u tydjie op die webwerf en kom kuier gerus weer.



REEKS BOEKE
'n Reeks boek word omskryf as enige boeke van twee of meer boeke deur dieselfde of meer as een skrywer en met dieselfde karakaters in die storie. Die verhale mag op mekaar volg al dan nie.



ENKEL BOEKE
Die enkel boeke word aangedui in eerstens uitgewers en dan volgens skrywers. As u dus op soek is na 'n sekere skrywer wat 'n enkel boek geskryf het, moet u die uitgewer van die betrokke boek weet, andersins moet u gebruik maak van die soek funksie.



FOTOVERHALE - AGTERGROND (deur Mnr. Koos Papenfus)
Ek onthou dit nog baie goed.  Dit was die middel sestiger jare en ek was seker so ’n kannetjie in Standerd 6, of was dit nou 7?  Maar in elk geval, my ou groot maat Okkert, het nuus gehad.  Daar sou ’n fotoverhaal op die mark verskyn met die naam “Mark Condor” en sy ma hulle gaan een koop!  Ons het nie werklik geweet wat dit was nie.  Ons het “comics” geken, bv. Tarzan, die Skim en Blits Gordon en natuurlik ook Adoons-hulle.  Maar dit was alles teken prente, nie foto’s nie.

Die Swart Luiperd - Voëlvry Ruiter in Swart - Kinders van onrus

Strookprente of “comics” het in al die dagblaaie verskyn, maar Sondae as bylaag in die groot koerante.  Natuurlik was dit verslind deur al wat ’n kind was.  En dit was alles in volkleur.  Maar fotoverhale was iets nuuts, iets buitengewoons.

In elk geval.  Die volgende dag was hy by die skool en ons het almal gelees.  Die kleur voorblad en goeie fotografie het ons almal beïndruk. Saam met “Die Swart Luiperd, Rooi Jan” en ander slapband boekies van ons tyd, het kinders nou nuwe leesstof gehad.  Suid-Afrika het weer ’n eerste en enigste gehad.  Die enigste land ter wêreld waar fotoverhale byval gevind het en vir omtrent twee dekades lank floreer het. My ouers wou niks weet dat ons ook geld spandeer op ’n boekie nie.  Dit was uit die bose en soos slapband boeke was dit ook as swak smaak en sogenaamde minder goeie leesstof beskou. Geen mens sal weet waarom hulle so eenvormig so gedink het nie.  Ons kinders het dit glad nie verstaan nie, maar ons het maar gelees waar ons kon, soos dit met alle “verbode” literatuur van toeka se tyd gegaan het.

Vir een of ander rede het minder gegoede of altans minder belese mense die fotoverhale gekoop en gelees.  Die ouerlike verbod het dit daar nie so ernstig verbied nie.  As ons bymekaar was, is die jongste fotoverhale eers verslind en dan is ander dinge gedoen.  My oom-hulle was ook sulke mense.  Maar hulle was eintlik “Kyk” en “Ruiter in Swart” mense. Fotoverhale het later kafee rakke begin oorheers.  Daar was goeie en sommer regtig swakkeres met patetiese fotografie en akteurs wat lyk of hulle uit die wasgoedmandjie gekom het.  Ander was standhoudend en weer baie gewild. Die mark is naderhand totaal verswelg deur sowat 85 verskillende fotoverhaal reeks.  Daar was Afrikaans en Engelse reekse.  Daar was ook reekse wat gelyktydig in Afrikaans en in Engels verskyn het.  Daar was ook in die destydse apartheidsdae, boekies wat spesifiek op die swart mark gerig was.

Die Wit Tier - Vuur vir woedeGrensvegter - Nes van onheil

Verkope het begin afneem met die aanvang van die tagtiger jare en die verbetering van televisie.  Bemarkers het die mark probeer red met A4 grootte dubbelboeke.  ’n Gewilde reeks is gedeel met ’n minder gewilde reeks om albei se voorbestaan te probeer regverdig en verleng.  Dit was egter net ’n gemengde sukses.  Kleur uitgawes het toe ook begin verskyn.  Die “Ruiter in Swart” se kleur uitgawes is vandag uiters gesogte versamelaars uitgawes en gaan vir baie honderde rande per eksemplaar, as mens dit nog in die hande kan kry, bygesê. Die einde was ongelukkig in sig vir fotoverhale.  Een na die ander het hulle doodgeloop tot dit vandag nog net as ’n herinnering vir ons oorgebly het.

Die groot tragedie met die fotoverhale was, dat behalwe vir ’n paar van die grotes, min van die akteurs bekend was of geraak het en feitlik geen erkenning is aan skrywers of fotograwe gegee wat by meeste van die boekies betrokke was nie. Miskien is dit waar lesers kan help.  As jy dalk weet wie ’n akteur of skrywer was, of dalk self ’n akteur of skrywer was in een of meer van die fotoverhale,  deel dan asseblief jou herinneringe met ons.

Kid Colt - Bloody day at Comanche CreekArend Van Die Oerwoud - Verraad

SKRYWERS
'n Kort agtergrond word hier gegee van die mees populêre skrywers wat die meeste boeke geskryf het in die sagteband stories.

BEDANKINGS
Spesiale dank gaan uit na Mnr. Anton Brelage van Irene in Suid Afrika. Na sy afsterwe het hy honderde boeke aan my nagelaat en sonder sy lewenslange bymekaar maak van die betrokke boekies, sou hierdie webwerf nooit moontlik gewees het nie.

Dank gaan ook uit na Marney van Ginkel van die Strand in Suid Afrika, vir haar ure se bydrae met die restorasie van die boeke se voorblaaie. Mnr. Lukie Carelsen van Waterkloofrif in Suid Afrika, vir sy hulp met voorblaaie vir van die Swart Luiperd - Pronk uitgawe boeke. Mnr. Jan Nell van Roodepoort in Suid Afrika, vir sy bydrae met voorblaaie, leen en die verkryging van skaars boeke wat ek gekort het. Mnr. Quintus van Rooyen van Despatch in Suid Afrika, vir sy hulp met die verkryging van baie skaars boeke wat ek gekort het. Mnr Koos Papenfus van Rayton, vir al sy groot werk met die verskaffing van fotoverhale se voorblaaie en ook addisonele inligting rondom elk van die betrokke boeke en reekse.

 

DIE OERWOUDVALK REEKS (7 BOEKE) IS NOU BESKIKBAAR IN E-BOEK FORMAAT

Die volledige reeks is nou in E-boek formaat beskikbaar.

Vir enige bestelling, kontak my gerus by haasbroek.pieter@gmail.com

 

1. Goudstad van Skeba - A. P. du Plessis (1959) 2. Die seekat - A. P. du Plessis (1959)

1. Goudstad van Skeba - A. P. du Plessis (1959) 2. Die Seekat - A. P. du Plessis (1959)

 

3. Oervallei - A. P. du Plessis (1959) 4. Jagters van Zarsjata - A. P. du Plessis (1959)

3. Oervallei - A. P. du Plessis (1959) 4. Jagters van Zarsjata - A. P. du Plessis (1959)

 

5. Die luiperdbende - A. P. du Plessis (1960) 6. Rewolusie in die oerwoud - A. P. du Plessis (1960)
5. Die Luiperdbende - A.P. du Plessis (1960) 6. Rewolusie in die oerwoud - A. P. du Plessis (1960)

 

7. Land van die vampiere - A. P. du Plessis (1960)
7. Land van die Vampiere - A. P. du Plessis (1960)

Copyright © 2023 by Pieter Haasbroek. All rights reserved.
Last updated: 12 February 2023