Diamantveld reeks - Pronk boekeSwerwer Speurder reeks - Pronk boekeSahara Avontuur reeks - Pronk boekeRooi Jan reeks - Pronk boekeSwart Luiperd reeks - Pronk boekeTemmers van die Woestyn reeks - Pronk boekeSA Polisie reeks - Pronk boekeOloff die Seerower - Pionier boeke

SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS
(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

HOME

REEKS STORIE BOEKE VOORBLAAIE

ENKEL STORIE BOEKE VOORBLAAIE

FOTOVERHAAL BOEKE VOORBLAAIE

SKRYWERS

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

WELKOM BY SKATKIS BOEKE UIT TOEKA
SE JARE (1950 tot 1980's)


Sahara Avontuur Reeks

Baie welkom by my webwerf. Hierdie webwerf handel hoofsaaklik oor die voorblaaie en ander inligting van ou afrikaanse sagteband storieverhale van die vyftiger en sestiger jare en fotoverhale van die sewentiger jare. Die voorblaaie, naam van boek, skrywer, uitgewer en jaartal van elke boek word aangedui, indien beskikbaar. As jy dus belangstel in 'n terugblik in die geskiedenis van Suid Afrika se sagteband storie en fotoverhale, dan is jy op die regte plek.

Hoekom juis so 'n webwerf? Suid-Afrika het 'n baie ryk geskiedenis aan afrikaanse sagteband verhale (foto en storie) met 'n verskeidenheid van skrywers oor die afgelope eeu, maar inligting rondom die skrywers en boeke is uiters beperk. Selfs ons argiewe het maar baie beperkte inligting rondom die boeke wat uitgegee is, veral boeke in die mid twintigste eeu. Hierdie webwerf poog dus om in die behoefte te voorsien, om sodoende nie net vir die versamelaar van waarde te wees nie, maar ook vir enige ander persoon wat belang stel om ons africana te kan kom bestudeer en geniet. Feitlik al die boeke het die pragtigste volkleur buiteblaaie. U sal meer as 60 reeks boeke in die storieverhale hier kan sien, meer as 700 enkel sagteband storieverhale en 39 verskillende fotoverhaal boek reekse, met amper 400 voorblaaie in die onderskeie reekse. By die storieverhaal boeke ontbreek sommige van die voorblaaie en is enige persoon welkom om my te kontak, sou u dalk daar 'n bydrae kan maak om die inligting meer volledig te maak.



Hou asseblief ook in gedagte dat die inligting wat hierin vervat is, verkry is vanaf 'n verskeidenheid van bronne en kan al die inligting nie as 100% korrek voorgehou word nie. Foute mag dus voorkom. Geniet u tydjie op die webwerf en kom kuier gerus weer.



REEKS BOEKE
'n Reeks boek word omskryf as enige boeke van twee of meer boeke deur dieselfde of meer as een skrywer en met dieselfde karakaters in die storie. Die verhale mag op mekaar volg al dan nie.



ENKEL BOEKE
Die enkel boeke word aangedui in eerstens uitgewers en dan volgens skrywers. As u dus op soek is na 'n sekere skrywer wat 'n enkel boek geskryf het, moet u die uitgewer van die betrokke boek weet, andersins moet u gebruik maak van die soek funksie.



FOTOVERHALE - AGTERGROND (deur Mnr. Koos Papenfus)
Ek onthou dit nog baie goed.  Dit was die middel sestiger jare en ek was seker so ’n kannetjie in Standerd 6, of was dit nou 7?  Maar in elk geval, my ou groot maat Okkert, het nuus gehad.  Daar sou ’n fotoverhaal op die mark verskyn met die naam “Mark Condor” en sy ma hulle gaan een koop!  Ons het nie werklik geweet wat dit was nie.  Ons het “comics” geken, bv. Tarzan, die Skim en Blits Gordon en natuurlik ook Adoons-hulle.  Maar dit was alles teken prente, nie foto’s nie.

Die Swart Luiperd - Voëlvry Ruiter in Swart - Kinders van onrus

Strookprente of “comics” het in al die dagblaaie verskyn, maar Sondae as bylaag in die groot koerante.  Natuurlik was dit verslind deur al wat ’n kind was.  En dit was alles in volkleur.  Maar fotoverhale was iets nuuts, iets buitengewoons.

In elk geval.  Die volgende dag was hy by die skool en ons het almal gelees.  Die kleur voorblad en goeie fotografie het ons almal beïndruk. Saam met “Die Swart Luiperd, Rooi Jan” en ander slapband boekies van ons tyd, het kinders nou nuwe leesstof gehad.  Suid-Afrika het weer ’n eerste en enigste gehad.  Die enigste land ter wêreld waar fotoverhale byval gevind het en vir omtrent twee dekades lank floreer het. My ouers wou niks weet dat ons ook geld spandeer op ’n boekie nie.  Dit was uit die bose en soos slapband boeke was dit ook as swak smaak en sogenaamde minder goeie leesstof beskou. Geen mens sal weet waarom hulle so eenvormig so gedink het nie.  Ons kinders het dit glad nie verstaan nie, maar ons het maar gelees waar ons kon, soos dit met alle “verbode” literatuur van toeka se tyd gegaan het.

Vir een of ander rede het minder gegoede of altans minder belese mense die fotoverhale gekoop en gelees.  Die ouerlike verbod het dit daar nie so ernstig verbied nie.  As ons bymekaar was, is die jongste fotoverhale eers verslind en dan is ander dinge gedoen.  My oom-hulle was ook sulke mense.  Maar hulle was eintlik “Kyk” en “Ruiter in Swart” mense. Fotoverhale het later kafee rakke begin oorheers.  Daar was goeie en sommer regtig swakkeres met patetiese fotografie en akteurs wat lyk of hulle uit die wasgoedmandjie gekom het.  Ander was standhoudend en weer baie gewild. Die mark is naderhand totaal verswelg deur sowat 85 verskillende fotoverhaal reeks.  Daar was Afrikaans en Engelse reekse.  Daar was ook reekse wat gelyktydig in Afrikaans en in Engels verskyn het.  Daar was ook in die destydse apartheidsdae, boekies wat spesifiek op die swart mark gerig was.

Die Wit Tier - Vuur vir woedeGrensvegter - Nes van onheil

Verkope het begin afneem met die aanvang van die tagtiger jare en die verbetering van televisie.  Bemarkers het die mark probeer red met A4 grootte dubbelboeke.  ’n Gewilde reeks is gedeel met ’n minder gewilde reeks om albei se voorbestaan te probeer regverdig en verleng.  Dit was egter net ’n gemengde sukses.  Kleur uitgawes het toe ook begin verskyn.  Die “Ruiter in Swart” se kleur uitgawes is vandag uiters gesogte versamelaars uitgawes en gaan vir baie honderde rande per eksemplaar, as mens dit nog in die hande kan kry, bygesê. Die einde was ongelukkig in sig vir fotoverhale.  Een na die ander het hulle doodgeloop tot dit vandag nog net as ’n herinnering vir ons oorgebly het.

Die groot tragedie met die fotoverhale was, dat behalwe vir ’n paar van die grotes, min van die akteurs bekend was of geraak het en feitlik geen erkenning is aan skrywers of fotograwe gegee wat by meeste van die boekies betrokke was nie. Miskien is dit waar lesers kan help.  As jy dalk weet wie ’n akteur of skrywer was, of dalk self ’n akteur of skrywer was in een of meer van die fotoverhale,  deel dan asseblief jou herinneringe met ons.

Kid Colt - Bloody day at Comanche CreekArend Van Die Oerwoud - Verraad

SKRYWERS
'n Kort agtergrond word hier gegee van die mees populêre skrywers wat die meeste boeke geskryf het in die sagteband stories.

BEDANKINGS
Spesiale dank gaan uit na Mnr. Anton Brelage van Irene in Suid Afrika. Na sy afsterwe het hy honderde boeke aan my nagelaat en sonder sy lewenslange bymekaar maak van die betrokke boekies, sou hierdie webwerf nooit moontlik gewees het nie.

Dank gaan ook uit na Marney van Ginkel van die Strand in Suid Afrika, vir haar ure se bydrae met die restorasie van die boeke se voorblaaie. Mnr. Lukie Carelsen van Waterkloofrif in Suid Afrika, vir sy hulp met voorblaaie vir van die Swart Luiperd - Pronk uitgawe boeke. Mnr. Jan Nell van Roodepoort in Suid Afrika, vir sy bydrae met voorblaaie, leen en die verkryging van skaars boeke wat ek gekort het. Mnr. Quintus van Rooyen van Despatch in Suid Afrika, vir sy hulp met die verkryging van baie skaars boeke wat ek gekort het. Mnr Koos Papenfus van Rayton, vir al sy groot werk met die verskaffing van fotoverhale se voorblaaie en ook addisonele inligting rondom elk van die betrokke boeke en reekse.

 

Spaghetti Westerns

 

VERSKEIE REEKS SAGTEBAND BOEKE NOU TE KOOP IN PDF FORMAAT EN HIER VERKRYGBAAR

Die volgende reeks sagteband boeke kan nou bestel word: 1.) Woeste Laeveld Reeks (western), 2.) Ruiter Die Baasspeurder Reeks (speur), 3.) Ridder van die Ruimtes Reeks (western), 4.) Henk Human Reeks (wetenskapfiksie), 5.) Perdedief Reeks (western), 6.) Ridder Reeks (polisie), 7.) Ruiter Reeks (western), 8.) Simon Rand Reeks (wetenskapfiksie), 9.) Ridder van die Ruimtes Reeks (western), 10.) Spannings Reeks (spanning), 11.) Speur Reeks (speur) en 12.) Feitlik al die boeke van Edgar Rice Burroughs.

Vir meer inligting oor die betrokke reekse, klik slegs op die onderskeie reekse aan die linkerkant van die web bladsy. 'n Bestelling kan geplaas word deur my te kontak by Pieter_hb@hotmail.com

 

DIE OERWOUDVALK REEKS (7 BOEKE) IS NOU BESKIKBAAR...

Die volledige reeks in nou in boekvorm beskikbaar, maar slegs 'n beperkte hoeveelheid boeke is gedruk. Bestel dus vroegtydig om onnodige teleurstelling te voorkom. Vir enige bestelling, kontak my gerus by Pieter_hb@hotmail.com

 

1. Goudstad van Skeba - A. P. du Plessis (1959) 2. Die seekat - A. P. du Plessis (1959)

1. Goudstad van Skeba - A. P. du Plessis (1959) 2. Die Seekat - A. P. du Plessis (1959)

 

3. Oervallei - A. P. du Plessis (1959) 4. Jagters van Zarsjata - A. P. du Plessis (1959)

3. Oervallei - A. P. du Plessis (1959) 4. Jagters van Zarsjata - A. P. du Plessis (1959)

 

5. Die luiperdbende - A. P. du Plessis (1960) 6. Rewolusie in die oerwoud - A. P. du Plessis (1960)
5. Die Luiperdbende - A.P. du Plessis (1960) 6. Rewolusie in die oerwoud - A. P. du Plessis (1960)

 

7. Land van die vampiere - A. P. du Plessis (1960)
7. Land van die Vampiere - A. P. du Plessis (1960)

Copyright © 2015 by Pieter Haasbroek. All rights reserved.
Last updated: 13 October 2015